Tuesday, 25 November 2014

"I NEED A HERO" VELDTOG

“I NEED A HERO” VELDTOG

Op Dinsdag  25 November sal die   16 Dae van  Aktivisme veldtog afskop en aanhou tot Woensdag 10 Desember. Die veldtog wat reeds sedert 1991 geloods is, skep `n bewusmaking van die geweld teen vroue en kinders. 50% van die 45 230 misdade wat teen kinders gepleeg is was die helfte daarvan seksueel van aard. `n Gemiddeld van 62 sake per dag wat aangemeld word.

Die vraag word gevra wat veroorsaak  geweld? Verskeie navorsingstukke en studies toon aan armoede, alkol misbruik, gebruik van dwelms, familie konflik, sosiale konflik en nog meer is van die faktore wat lei tot geweld. Een faktor wat soos `n paal bokant die water uitstaan is dat kinders wat blootgestel word aan geweld veral in die geval waar die kind aanskou dat die moeder aangerand word deur die vader lei dit tot die meeste gevalle dat die kind self wanneer die groot is self ook `n oortreder word van geweld en seksuele aanrading of die slagoffer word deur met `n geweldenaar in die huwelik te tree of `n promisku lewe te leef.

Hoe word hierdie sirkel gebreek en voorkom dat daar nie nog `n geslag kinders blootgestel is aan geweld nie. Die antwoord lê in `n verandering van denke. `n Nuwe denkwyse en denkrigting moet aangeleer word. Geweld is `n aangeleerde gedrag en daarom met die verandering van denkrigting kan nuwe gedragspatroon aangeleer word.

Om hierdie sirkel te breek moet elkeen: besigheid, regering, godsdienstige en tradisionele leiers, gemeenskappe, kinders, media die verantwoordelikheid neem om nee te sê teen geweld.

BeautifullWomen in samewerking met Albertinia se Raadslid Charles Prins onderneem `n bewusmakingsveldtog “I NEED A HERO” om die aandag te vestig op geweld  vanaf 1 Desember tot 6 Desember.

Rdl. Prins gaan vanaf die Westekante grens van Hessequa stap tot by Gouritsmond. Rdl. Prins beoog om ongeveer 40 km elke dag te stap. By elke dorp waar hy gaan stop gaan hy die mans toespreek.


Ons elkeen benodig `n Hero in ons lewe hetsy of dit manlik of vroulik is. Daardie een persoon wat vir ons die pad kan aandui nie net deur te praat nie maar om werklik te kan leef.

No comments:

Post a Comment