Tuesday, 2 December 2014

Hier gaan ons

Ons eerste dag het baie vroeg begin. Eers `n blits besoek gebring aan Juffrou Terblanche wat na 40jaar in die onderwys die tuig neergelĂȘ het.

1 Desember is amptelik Vigsdag en `n paar geskenkies uitgedeel aan die kinders.

Daarna  Kersvader gewees en die inwoners van Albertinia Versorgingsdienste se harte bly gemaak met `n vroee geskenkkie.

Ons Heroes was Mnr. Denis Joseph, Hessequa LPP, Rdl. Prins, Gerswin Cupido en die heel nuutste inwoner van Albertinia nl Bubbels die Wonder Nar.

Later het die span van I need a Hero Veldtog in die pad geval en gery na die Weskantgrens van Hessequa. Dit was een van daardie bekende warm dae van Hessequa. Rdl. Prins het met die staptog begin.

Drie ure later het hy die ingang na Slangrivier bereik en op die kampbedjie neergesak en gerus. Sy bene is ingevryf met Aloe Ferox se spierpynverligter en hy het vrugtesap van ERA gedrink.

Later die aand spreek hy die kinders en gemeenskap toe in Slangrivier se gemeenskapsaal en verduidelik dat ons elkeen `n Hero nodig het. Dat die kinders se pa`s hulle Heroes moet wees. Heroes is veronderstel om vrouens en kinders te beskerm en dat Heroes rand nie mense aan nie.

Kinders en vrouens moet nie stil bly nie maar moet praat en hulp vra as hulle seergemaak word of as hulle sien iemand anders word seergemaak.

Fotos van ons eerste dag

No comments:

Post a Comment