16 Dae
van Aktivisme. Geweld teen Vroue en Kinders
Ons
ken baie stukkende mense-mishandeling ken geen grense
Ryk of
arm spring dit nie vry – baie gesinne moet daar onder ly
Gemeenskap
slaan ag op verdagte geluide –
En
moet nie stilbly soos stom kluite
Ondersteun
ons vroue en kinders emosioneel
Sodat
ons kan help
om hul seer te heel.
Ons
ken baie gebroke vroue – wat huil in hul moue
Moet
nooit dat `n man jou lewe oorheers – want jy word ontneem van jou eie mens wees
Jou
selfvertroue kry `n knou – en laat jou met `n diepte berou
Is jou
man jaloers? – laat hom kies sy eie koers
Anders
begin hy baklei – en kan
nie meer die familie lei nie
Drink
hy alkohol en bier? – gaan geweld beslis seëvier
Dan
word vroue en kinders verkrag – deur die mans se mag
Die
jeug is ongeskonde – maar deur verkragtings voel hul gebonde
Mans
moenie maak, ons kinders seer – want hulle is nog so teer
Hulle
is nog so klein - met hartjie rein
Fisiese
mishandeling word nie geduld - `n probleem is nie die vrou se skuld
Ekonomiese
behandeling is baie wreed –
Dan kan die familie nie ordentlik
eet
Emosionele
mishandeling is ook `n probleem –
want
dit kan ons
vroue hulselfvertroue ontneem
Vroue
en kinders word seksueel molesteer
En dit
ontneem hul selfrespek en eer
Stop
om ons vroue en kinders te mishandel
Mans,
leer net om die regte pad te bewandel
Geskryf
deur Elizabeth
Riddles.